Bismarckargipel

Bismarckargipel
Inheemse naam: Bismarck Archipelago
Kaart van die Bismarckargipel
Kaart van die Bismarckargipel
Geografie

Ligging Melanesië, Stille Oseaan
Koördinate 5°48′31.37″S 149°1′35.8″O / 5.8087139°S 149.026611°O / -5.8087139; 149.026611

Hoofeilande Nieu-Brittanje, Nieu-Ierland
Oppervlakte 49 700 vk km
Hoogste punt Berg Sinewit 2 438 m
Administrasie
Vlag van Papoea-Nieu-Guinee Papoea-Nieu-Guinee
Streek Eiland-streek

Demografie
Bevolking 472 163

Die Bismarckargipel (Engels: Bismarck Archipelago) is 'n groep eilande aan die noordoostelike kus van Nieu-Guinee in die westelike Stille Oseaan net suid van die ewenaar. Hierdie eilande behoort aan die eilandnasie Papoea-Nieu-Guinee. Suidoos is Bougainville geleë, wat geografies maar nie polities nie, tot die Salomonseilande behoort. Tussen 1884 en 1914 het hierdie eilande aan Duits-Nieu-Guinee behoort. Die naam van die argipel is van die Duitse kanselier Otto von Bismarck ontleen. Tussen die Bismarckargipel in die ooste en Nieu-Guinee in die weste is die Bismarcksee geleë, suidoos van Nieu-Brittanje sluit die Salomonssee aan.

Die belangrikste eilande en eilandgroepe in die argipel is:


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search